ʼn Boerpot van R21 miljoen wat verlede jaar in die nasionale lotery gewen is, verval binnekort.
Gidani, die operateur van die nasionale lotery, het Lotto-spelers versoek om ou kaartjies na te gaan. Die wenkaartjie is verlede jaar deur ʼn speler in Mpumalanga gekoop. Dit het die regte nommers voorspel vir die trekking wat op 30 Mei 2012 gehou is. Lotto-kaartjies verval 365 dae nadat ʼn trekking gehou is. Dié wenkaartjie verval op 29 Mei. Die wennommers was 3, 20, 22, 34, 38, 46 en die bonusnommer 12.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Dis myne. In my drome… Ek het ongelukkig die kaartjie verloor… Soos hulle se: Better luck next time…!
Hulle kan maar die geld in my rekening inbetaal. Ek het dit nodiger as die een wat weier om dit op te eis.