R290 miljoen vir Nkandla-pad

Zuma-Nkandla-5502-320x190Nagenoeg R290 miljoen van belastingbetalers se geld is gebruik vir ʼn pad wat president Jacob Zuma se Nkandla-woning aan sy buurdorp, Kranskop, kan verbind, het The Star Woensdag berig.

Dipuo Peters, minister van die departement van vervoer, het dit Dinsdag in die parlement bekendgemaak op ʼn navraag van die Inkatha Vryheidsparty (IVP). “Die provinsiale departement van vervoer het sowat R290 miljoen spandeer vir die konstruksie van die pad tussen Nkandla en Kranskop,” het Peters gesê.

Volgens The Star heers daar kommer dat die konstruksie van die Moloto Rail Corridor-projek aanhoudend vertraag word. Dié projek, wat drie jaar gelede deur president Zuma voorgestel is, sal Pretoria, Mpumalanga en Sekhukhune in Limpopo verbind.

– SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justi ·

Goeie liewe hemel! Dis mos sommer n pot tjol! Ag nee wat! Steel en steel verder, jy maak in elkgeval die land bankrot jy en al jou mense!

AmY ·

As mense na dese nog vir hierdie president OF die ANC stem, beheer Satan verseker hulle gedagters en denke. Net ‘n mens wat van die Duiwel besete is, sal nog vir die korrupte ANC stem.

Sarie van Niekerk ·

R215 miljoen vir Nkandla, R290 vir ‘n pad spesiaal vir die president, dan praat ek nie eers van al die miljoene wat ons belastingbetalers al moes betaal vir regskostes vir sake teen die ANC en die president nie.

As al hierdie geld op die e-tolpaaie afbetaal is in plaas daarvan om dit alles op een enkele persoon se persoonlike gerief te vermors, was ‘n groot deel van die lening al afbetaal gewees en het ons nie nou nodig gehad om ekstra te betaal vir paaie waarvoor ons in elkgeval betaal elke keer wanneer ons brandstof in ons motors gooi nie. Ons betaal oor en oor vir hier “uitstekende paaie” en dit terwyl dit ons as belastingbetalers se reg is om op goeie paaie te ry.

Die mense wat nie belasting betaal nie (taxi’s) en die wat die paaie so stukkend ry (groot vragmotors) is ironies genoeg uitgesluit van tolgeld. My kop is regtig te plat om dit te verstaan.

Kan iemand in die ANC dit tog asseblief vir my verduidelik

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.