Die Durbanse hooggeregshof het die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement beveel om ‘n skadevergoedingeis van R3.9 miljoen aan ʼn voormalige leerling, wat per ongeluk deur ʼn adjunkhoof geslaan is, te betaal.
The Mercury het Maandag berig die adjunkhoof, Moses Biyela, was besig om ʼn ander leerling met ʼn gordel te slaan, toe die punt van sy gordel Simphiwe Shange in sy oog getref het.
Die voorval het 10 jaar gelede by Hoërskool Gcwaluwazi in Eshowe plaasgevind, toe Shange in graad 9 was. Shange is sedert die hou gedeeltelik blind in sy regteroog.
Regter Judge Dhaya Pillay het bevind dat die LUR aanspreeklik gehou moet word vir die voorval.
Shange het geëis vir die verlies van inkomste, toekomstige oogbehandeling, spesiale skoolgeld, algemene skade, en regskoste.
– Sapa