‘n Man wie se tienerseun meer as $54 000 (sowat R540 000) op sy kredietkaart op alkohol spandeer het, hoef glo die meeste daarvan nie terug te betaal nie.
Die 16-jarige en sy vriend het sy pa se platinum American Express-kaart by verskeie nagklubs in Kyoto, Japan gebruik. Volgens Japanese media het hulle onder andere whisky en sjampanje van $3 700 (sowat R37 000) per bottel aangekoop.
Die jeugdige, wie se naam nie bekendgemaak word nie weens sy ouderdom, het die luukse klubs bygewoon waar klante na verwagting betaal om tyd saam met aantreklike vroue te spandeer. Dit blyk nie dat die seun vir seks betaal het nie.
Die Kyoto-distrikshof het verlede week bevind dat die eienaars van die kroeë en die kredietkaartmaatskappy die grootste aanspreeklikheid vir die misbruik van die kaart in 2010 moet aanvaar.
Die hof het beveel dat die seun se pa 800 000 yen (sowat R80 000) uit die 5.5 miljoen yen moet betaal.
-SAPA