R500 boete per dag as LPs nie werk nie

Argieffoto van ‘n parlementsitting

Die regering doen ʼn beroep op alle politieke partye om streng op te tree teen afwesige LPs.

“Die ANC ondersteun ten volle ʼn aanwesigheids- en verlofbeleid wat as ʼn afskrikmiddel sal dien vir LPs van alle partye wat gereeld afwesig is of swak bywoning toon,” het Mathole Motshekga, hoofsweep van die ANC, gesê. “In sy huidige vorm sluit die beleid sanksies in teen oortreders wat strek van boetes en salarisaftrekkings tot ontslag uit die parlement.”

Die voorlopige beleid stel voor dat R500 vir elke dag wat hulle afwesig is van LPs se salarisse afgetrek moet word, berig SowetanLIVE. LPs kan ook uit hul poste geskors word indien hul vir langer as 30 dae afwesig is. Die beleid is in Augustus by ʼn ANC-koukusvergadering deur sommige LPs verwerp. Die ANC LPs het gevoel dat die beleid nie goed geskryf is nie en dat dit nie onderskeid tref tussen ministers en gewone lede nie.

Ten spyte van die kritici het Motshekga gesê dat drastiese maatreëls benodig word.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willie Els ·

Wonder wat hulle met al die geld gaan maak.? Hoop die word vir nie rasige liefdadigheid geskenk.

Gemsbok ·

Dit sal interessant wees om te sien hoeveel geld die VF+ LP’s gaan oorhou nadat hierdie beleid toegepas word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.