R56m se dwelms in verlate sak opgespoor

Argieffoto

Dwelms met ʼn geskatte straatwaarde van R56 miljoen is in ʼn verlate bagasiesak by die OR Tambo-lughawe gevind.

Kapt. Paul Ramaloko, ʼn woordvoerder van die Valke, het Vrydag gesê doeanebeamptes en polisie by die lughawe het Donderdag omstreeks 16:00 die verlate bagasiesak deursoek en op 20kg kristal metamfetamien (tik) afgekom.

“Die beamptes het probeer bepaal aan wie die sak behoort en het probeer om die persoon op te spoor, maar die persoon het verwyn,” het Ramaloko gesê. Die sak het van ʼn vlug vanaf Abu Dhabi gekom. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dries ·

Wie wil my ‘n weddenskap aangaan dat hierdie dwelms binnekort deur skelm SAPD lede gaan verkoop word?? Enige iemand wat dink die dwelms gaan vernietig word, leef in ‘n droomwereld!!

a.lombard ·

Word die dwelms vernietig? waar? wie hou toesig? moet daar nie onafhanklike persone ook by wees by vernietiging nie, wat weerhou persone om van die dwelms onwettig te neem en dit deur te verkoop?

ons woon in ‘n land met veel onwettighede tans?
word elke vlug vanaf die lande van dwelms oeste deursoek?

daagliks sterf jongmense in ons land, ouers is radeloos dus die vraag na besoekers uit ander dele van Afrika op die lughawens is…het hulle ‘n verblyf adres? retoerkaartjie? indien nie op datum weer terug v lieg nie, word die persone gesoek en uit die land gesit.(Die Nigeriane is die probleem met dwelms)

Paul ·

Onthou, elke keer wat dwelms gekonfiskeer en vernietig word, verhoog die straatwaarde van die oorblywende dwelms op straat. Dis eenvoudige vraag en aanbod. Die vraag bly dieselfde, maar die aanbod verklein en dus styg die prys.
Elke keer wat een dwelmhandelaar se gekonfiskeer word, verhoog dit die wins wat ander dwelmhandelaars kan maak.
Beskaafde lande soos Switserland, Portugal en Kanada het al begin besef dat dit teenproduktief is om dwelms onwettig te maak en hulle het groot sukses met wettige heroien. Gaan lees gerus bietjie op daaroor. Ek weet dis teenintuïtief, maar dis werklik so dat deur ‘n “war on drugs” te hê, die probleem erger gemaak word en nooit opgelos kan word nie. Dit beteken nie dat mens die gebruik van skadelike middels behoort aan te moedig of te ondersteun nie, maar eenvoudig dat dit niks help om die probleem op te los as die middels onwettig is nie.

Net ‘n verdere punt: Metamfetamien kom nie van plante af nie – dis sinteties. Dit is dus nie van “dwelm oeste” (sic) afhanklik nie.

Paul ·

Die syfers vir die “geskatte waarde” kan sekerlik nie korrek wees nie. Dit kom op R2 800 per gram neer. Kan die goed soveel kos?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.