R56m se dwelms in verlate sak opgespoor

Argieffoto

Dwelms met ʼn geskatte straatwaarde van R56 miljoen is in ʼn verlate bagasiesak by die OR Tambo-lughawe gevind.

Kapt. Paul Ramaloko, ʼn woordvoerder van die Valke, het Vrydag gesê doeanebeamptes en polisie by die lughawe het Donderdag omstreeks 16:00 die verlate bagasiesak deursoek en op 20kg kristal metamfetamien (tik) afgekom.

“Die beamptes het probeer bepaal aan wie die sak behoort en het probeer om die persoon op te spoor, maar die persoon het verwyn,” het Ramaloko gesê. Die sak het van ʼn vlug vanaf Abu Dhabi gekom. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dries

Wie wil my ‘n weddenskap aangaan dat hierdie dwelms binnekort deur skelm SAPD lede gaan verkoop word?? Enige iemand wat dink die dwelms gaan vernietig word, leef in ‘n droomwereld!!

a.lombard

Word die dwelms vernietig? waar? wie hou toesig? moet daar nie onafhanklike persone ook by wees by vernietiging nie, wat weerhou persone om van die dwelms onwettig te neem en dit deur te verkoop? ons woon in ‘n land met veel onwettighede tans? word elke vlug vanaf die lande van dwelms oeste deursoek? daagliks sterf jongmense in ons land, ouers is radeloos dus die vraag na besoekers uit ander dele van Afrika op die lughawens is…het hulle ‘n verblyf adres? retoerkaartjie? indien nie op datum weer terug v lieg nie, word die persone gesoek en uit die land gesit.(Die Nigeriane… Lees meer »

Paul

Die syfers vir die “geskatte waarde” kan sekerlik nie korrek wees nie. Dit kom op R2 800 per gram neer. Kan die goed soveel kos?