R600 000 per dag vir gholfspeler

Rory McIlroy. Foto: CNN

Die gholfspeler, Rory McIlroy, se loopbaan het nog ʼn kolhou beleef toe hy Maandag ʼn massiewe borgskap met Nike beklink het.

McIlroy (23) van Noord-Ierland is die wêreld gholfkampioen en enigste aktiewe speler onder 40 wat, naas Tiger Woods, met twee groot titels kan spog, berig die New York Times.

Hoewel die bedrag van die borgskap nie amptelik aangekondig is nie, word berig dat dit ʼn bedrag van $100 miljoen oor vyf jaar behels of $250 miljoen oor tien jaar. Dit werk uit op nagenoeg R600 000 ʼn dag.

McIlroy het tydens ʼn perskonferensie gesê Nike word nog altyd met die beste atlete in die wêreld assosieer. “Dit is ʼn trotse oomblik vir my en dis iets waarna ek al lank na uitsien,” het hy gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.