R61-brug gee mee weens reën

‘n Brug het Sondag op die R61 meegegee weens swaar reën Foto: Taurai Maduna/EWN

‘n Brug tussen Lusikisiki en Port St Johns het Sondag inmekaargestort weens swaar reënval.

Gure weersomstandighede is gisteraand in die Oos-Kaap ervaar. Owerhede doen ‘n beroep op motoriste, wat van die R61 gebruik maak, om versigtig te wees en gewaarsku dat watervlakke weer kan styg, berig EWN. “Die ineenstorting het tot dusver nie tot enige sterftes of beserings gelei nie,” het Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Port Elizabeth-lughawe het ook Sondagmiddag alle vlugte opgeskort. Die lughawe is Maandagoggend om 05:00 weer vir lugverkeer oopgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.