R65 miljoen vir opknappingswerk

Die departement van openbare werke het byna R65 miljoen spandeer om die huise van ministers en adjunkministers in die 2011/2012-finansiële jaar op te knap.

Die Sunday Times berig dat Thulas Nxesi, minister van openbare werke, hierdie bedrag in ‘n parlementêre reaksie op ‘n LP se vraag van 14 Desember erken het. Die opknappingswerk behels onder andere R15 miljoen vir Gugile Nkwinti, minister van plattelandse ontwikkeling, se huis in Kaapstad; die R10.67 miljoen opgradering van ‘n huis wat deur Lydia Chikunga, adjunkminister van vervoer, gebruik sou word; en minder as R5 miljoen om ‘n huis van Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, op te knap.

“Minister Nkwinti het nie beheer oor staatsbates of huise nie. Hy aanvaar net wat die departement van openbare werke toeken,” het Mtobeli Mxotwa, woordvoerder vir Nkwinti, gesê. Chikunga sê dit is “jammer en onregverdig” dat sy aan uitermatige spandering gekoppel word. “Ek het nooit opknappingswerk van R10 miljoen versoek nie,” het sy gesê. Palesa Mokomele, woordvoerder vir Joemat-Pettersson, het navrae aan die departement van openbare werke verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

mina ·

plaas geruik hulle daai geld om die paaie reg te maak al die potholes dan sal daar minder ongelukke wees het al soveel bande verloor met die potholes wie gaan ons help

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.