R7 miljoen vir ʼn bottel whisky

Macallan ‘M’ kraffie 6 liter Imperiale

Macallan ‘M’ kraffie 6 liter Imperiale

Een bottel whisky is vir bykans R7 miljoen op ʼn veiling in Hong Kong verkoop.

Die Macallan ‘M’ kraffie 6 liter Imperiale het HK$4.9 miljoen (ongeveer R6.8 miljoen) op die Sotheby-veiling gehaal. Die koper is slegs as ʼn privaatversamelaar van Asië bekend gemaak.

Volgens Sotheby’s het die bottel se prys alle vorige rekords vir enige enkelmout-whisky oortref. ʼn Bottel whisky het in 2010 $460 000 (bykans R5 miljoen) op ʼn veiling in New York gehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.