R8.8 miljoen aan Zuma-prokureurs betaal

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Die staat het glo die afgelope vier jaar R8.8 miljoen aan prokureurs spandeer wat pres. Jacob Zuma moes verteenwoordig.

“Dit is ʼn blatante diskriminasie,” het Johann Abrie, woordvoerder van Congress of the People (Cope), Woensdag in ʼn verklaring gesê. “Dit is ʼn bevestiging dat Zuma geen onderskeid tref tussen belastinggeld en sy eie geld nie.”

“Cope het Suid-Afrikaners reeds in 2008 gewaarsku dat Zuma ʼn kompulsiewe verkwister is. Sy begrip van die voordele van sy posisie is toegang tot onbeperkte kontant,” het Abrie gesê.

Jeff Radebe, minister van justisie, het in ʼn geskrewe antwoord op ʼn vraag van Debbie Schafer, DA-LP in die parlement gesê die regsfirma Hulley en Vennote het in 2009/10 ʼn bedrag van R7 945 972 ontvang, R570 068 in 2010/11 en R327 890 in 2012/13. Die sake hou verband met die multimiljardrandse wapentransaksie en die sogenaamde spioenasiebande.

Schafer het Woensdag gesê die DA beplan opvolgvrae oor die bedrae. Dit is ʼn poging om te bepaal watter gedeelte van die R8.8 miljoen oorbetaal is aan Zuma se privaatprokureur, Michael Hulley.

“Dit is ʼn skande dat die president se privaatprokureur belastinggeld invorder terwyl miljoene Suid-Afrikaners, insluitend slagoffers van Marikana, nie regsverteenwoordiging kan bekostig nie,” het Abrie bygevoeg. “Die voltydse aanstelling van Hulley is onaanvaarbaar, onregverdig en moet deur alle Suid-Afrikaners veroordeel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

on ons dom belastingbetalers smile maar en betaal. alles net om polities korrek te wees. tog so bang om op ons regte te staan.

Eben ·

Ek stem saam Helena …. maar wat sal jy voorstel doen ons. Glo my vry as ek skrywe elke belasting betaler kook oor zumie en sy korrupte regering. Hulle steel ons geld maar ons doen niks, myself ingesluit. Ons as WIT Afrikaners kan maar nie saam staan … (Sluit myself weer in) Ek kan dit toe skrywe dan ons nie so groot gemaak is/word. Ons verniel en beskadig nie iets as ons on te vrede is. Kyk maar na ons mede broers en susters … hulle kinders staak saam …. gaan nie eers skool nie wat hulle gee nie om want hulle word dood eenvoudig oorgesit.

Persoonlik dink ek as zumie nie meer prez is gaan n paar hofsake oor sy kop losbars waarop hyself sal moet op dok, of die ouens wat hy losgelaat het uit die tjokkie.

Helene Heyns ·

Met so `n regering kan jy maar op jou regte staan, jy gaan beslis nie ver kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.