R80 000 se juwele gesteel

Argieffoto

Elf mans, meestal jeugdiges, is in hegtenis geneem nadat hulle glo juwele ter waarde van R80 000 in Umkomaas in KwaZulu-Natal gesteel het.

Volgens kol. Vincent Mdunge, ʼn polisiewoordvoerder, is die mans Maandag in Amanzimtoti in hegtenis geneem. “Die mans het Umkomaas-inwoners genader en aangebied om kookpotte en duvets te verruil vir gebreekte juweliersware. Hulle sou glo die juweliersware na ʼn voertuig neem om geweeg te word. Hulle het egter daarna met die juwele weggejaag,” het Mdunge gesê.

Volgens Mdunge het die verdagtes moontlik die juwele gesteel om geld te bekom vir hul dwelmafhanklikheid. “Die groep het glo ook by huise ingebreek en juwele gesteel, aangesien daar ʼn mark daarvoor is,” het Mdunge bygevoeg.

Die mans moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.