R95-busongeluk: forensiese verslag sal lig werp

Foto: ER24

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Dinsdag gesê hulle wag vir ʼn verslag om die oorsaak van die busongeluk op die R95 verlede week waarin 19 mense dood is, te bepaal.

Dit volg nadat ʼn Putco-busbestuurder verlede Maandagoggend beheer oor sy voertuig verloor het. Die bus het van ʼn brug op die R95-pad naby Meyerton, Gauteng af gery en in ʼn stormwatersloot beland. Van die 71 passasiers op die bus is 19 dood en 52 beseer.

“Die ondersoek is grootliks afgehandel. Ons wag nou net vir die uitkoms van ʼn meganiese forensiese inspeksieverslag,” het Ashref Ismail, RTMC se woordvoerder, gesê.

“Dit gaan tussen vier en ses weke neem om die verslag te finaliseer. In die tussentyd kan ons niks doen nie,” het Ismail gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.