Raadslede skuld R1.7 miljoen aan munisipaliteite

Raadslede van KwaZulu-Natal skuld glo meer as R1.7 miljoen in agterstallige eiendomsbelasting en dienste aan die munisipaliteite wat hulle verteenwoordig.

George Mari, woordvoerder vir die Demokratiese Alliansie (DA), het gesê dit het aan die lig gekom nadat die party vrae gestel het aan die wetgewing. “Volgens die reaksie wat ons in April 2013 van die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake ontvang het, skuld raadslede in NewCastle die meeste, naamlik R522 000,” het Mari gesê. “Ethekwini en Msunduzi is volgende met uitstaande skuld van onderskeidelik R156 000 en R132 000.” Nie een van die DA-raadslede het hulle hieraan skuldig gemaak nie.

Mari sê die raadslede, waarvan sommige tot R10 000 skuld, stel ‘n swak voorbeeld. “Indien hulle nie hul basiese verpligting aan die munisipaliteit kan nakom nie, verdien hulle nie die voorreg om in dié posisies te dien nie.” Hy doen ‘n beroep op Nomusa Dube, LUR van die departement in KwaZulu-Natal, om stappe te doen teen die raadslede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

As die Owerhede ontrou raak aan hul verantwoordelikheid om goed te regeer, hoe moet die onderdane dan leer om getrou te wees. Ek is bevrees die Afrikane moet nog baie van die beskaafde wêreld leer om te weet hom om as regeerders daarin te pas. Plek vir ‘n tipiese middel-eeuse regeer-praktyk is daar net nie meer nie – of wil Afrika dalk sy etiket as kontinent van barbare behou ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.