Raadslid in die sop oor kaartspeletjie tydens begroting

Foto van een van die kaartspeletjies wat op ‘n rekenaar beskikbaar is

ʼn Raadslid van Kaapstad kan dissiplinêr verhoor word nadat sy tydens die stad se begrotingsrede glo ʼn kaartspeletjie op haar skootrekenaar sit en speel het.

Van die raadslede het glo gesien hoe Suzette Little, burgemeesterskomiteelid vir maatskaplike en vroeë kinderontwikkeling die speletjie sit en speel terwyl die begroting Woensdag bespreek is, het die Cape Argus Vrydag berig.

Luidens die verslag het Koos Bredenhand, die ander raadslede ingelig oor dit wat hy gesien het, en dit het daartoe gelei dat die stad se mediaspan teksboodskappe aan raadslede in die Kamer gestuur het om Little aan te sê om op te hou speel. Sy het glo dadelik opgehou, en die speletjie met ʼn werkblad van die stad se begroting vervang.

Speaker Dirk Smit het aan die koerant gesê dat hy die saak sal ondersoek om te bepaal of Little die gedragskode oortree het. “Indien enige oortreding plaasgevind het, sal die saak na ʼn tugkomitee verwys word,” het Smit gesê.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

So what as sy wil speletjies speel, kan sy dit seker doen. Sy het teen die tyd dat die begroting gelees is, mos al preises geweet wat in die begroting staan en was waarskynlik vreeslik verveeld gewees. Dit is seker beter om speletjies te speel asom te sit en slaap soos wat in die parlement gedoen word, dan lyk sy minstens besig. Genade ons mag niemand meer iets in hierdie land doen nie dan moet hulle soos stoutkinders in die hoekie gaan staan vir straf. Die land is darem besig om ongelooflik belagtig te word

Gerhard ·

Ek verstom my aan Sarie se komentaar!! Ek wonder of dit vir haar ook aanvaarbaar sou wees as iemand wie se salaris sy moet betaal in werkstyd sit en speletjies speel.
Ons rugraatlose mense is besig om ongelooflik belaglik te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.