Raadslid se huis afgebrand

ʼn ANC-raadslid se huis in Duduza naby Nigel aan die Oos-Rand is Donderdag aan die brand gesteek terwyl sy twee jong kinders steeds in die huis was.

Sam Modiba, woordvoerder van die Ekurhuleni-munisipaliteit, sê Silas Letsema se huis is een van twee huise wat afgebrand is. Modiba sê Letsema was nie tuis ten tyde van die voorval nie en sy kinders kon daarin slaag om ongedeerd uit die huis te kom. Ntombi Mekgwe, LUR vir plaaslike regering en behuising, sê die huis is glo deur ontstoke gemeenskapslede aan die brand gesteek nadat hulle onwettige plakkershutte in Tsakane gesloop is. Mekgwe sê die plakkershutte is gesloop aangesien dit op regeringsgrond, wat vir behuisingsprojekte gebruik word, gebou was. Die onwettige plakkers was glo die slagoffers van ʼn slenter waarvolgens hulle R70 betaal het onder die voorwendsel dat hulle ʼn HOP-huis sal kry. Modiba sê ʼn saak van kwaadwillige saakbeskadiging en brandstigting is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Hopelik in diei volgende 1 000 jaar sal daar ‘n pil beskikbaar wees vir menslike gebruik teen DOMHEID.

Intussen sal hulle met die volgende verkiesing weer die kruisie teenoor die ANC trek.

VOORWAARTS !

Peter Bezuidenhout ·

Dit is n gegewe…Roei mekaar uit,ons sit op die kantlyn en hou die situasie fyn dop,maar versnel net asb die pas…

Flash ·

Ongelukkig het sulke idiote dieselfde stemreg as iemand soos Dr Chris Barnard, of Professor Gideon Greyventein of enige van die ander mense wat netto bates vir die samelewing is.
Dit wys jou watse idiotiese idee demokrasie eintlik is ne?
Ek wonder of dit ooit in hulle siek breintjies opkom dat die idee van ‘n verkiesing is om die BESTE leiers te kies, nie die grootste liegbek ANC rassiste nie?
Of is die beginsel in hulle siek koppe dat jy ‘n useless idioot kies, en as hy nie wondere verrig nie steek jy sy plek aan die brand, daarmee los jy die probleem op?
Volgende jaar stem hulle weer in hulle miljoene vir dieselfde siek korrupte rassistiese regime, en glo dinge sal verbeter. Na 20 jaar nog niks wyser geword nie. Arme dr&**e….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.