Raadslidkandidaat deel glo dwelms uit om stemme te werf

Argieffoto.

ʼn Raadslidkandidaat word aangekla dat sy kokaïne aan verkiesing pamflette geheg het in ʼn poging om stemme te werf.

Carme Christina Lima (32) van Brasilië was Sondag, op die dag wat die verkiesing plaasgevind het, besig met ʼn veldtog om die raadslid van Itacoatiara te word.

Die polisie het onraad vermoed nadat ʼn groot groep skare om haar voertuig saamgedrom het. Die skare het weggehardloop toe die polisie ondersoek instel. Lima en ʼn man het met die voertuig probeer vlug, maar die polisie het hulle ingehaal en afgetrek. Lima se voertuig is deursoek en daar is glo op honderde pamflette afgekom waaraan sakkies met kokaïne aangeheg was. Die pamflette het ook instruksies bevat hoe om vir haar te stem, berig die Metro.

Plaaslike inwoners sê sy het van vroeg die oggend af die pamflette uitgedeel op voorwaarde dat mense vir haar stem. Lima is in hegtenis geneem op aanklagtes van dwelmhandel en verkiesingsbedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.