Daar is glo nié op die soldaat geskiet wat gedurende ʼn operasie in die Krugerwildtuin dood is nie, het die SA Nasionale Weermag (SANW) Dinsdag gesê.
“Dit is nie duidelik of hy homself per ongeluk geskiet het nie, en of hy selfmoord gepleeg het nie, maar niemand het op hom geskiet nie,” het brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, gesê.
Maroela Media het Dinsdagoggend berig sktr. Thabiso Zulu van die Regiment Oos-Rand was saam met twee SA Infanteriebataljon in die wildtuin ontplooi. Hy is aan diens dood gedurende Operasie Corona, wat die grens in die Krugerwildtuin patrolleer.
ʼn Raad van ondersoek is aangestel om die skietery te ondersoek.