Raaisel oor SA se satelliet van R1,2 miljard

Suid-Afrika het glo 'n soortgelyke satelliet as in die prent hierbo aangekoop.

Suid-Afrika het glo ‘n soortgelyke satelliet as in die prent hierbo aangekoop.

Suid-Afrika en ʼn maatskappy van Rusland het agt jaar gelede glo ʼn transaksie aangegaan vir ʼn satelliet van R1,2 miljard maar dit is egter onduidelik of die satelliet in gebruik is of enigsins bestaan, berig die Sunday Times.

Volgens die berig het die Suid-Afrikaanse regering in Mei 2006 ʼn kontrak geteken met Mashinostroyenia, ʼn Russiese maatskappy, vir die satelliet. Die satelliet is glo die tipe wat vir spioenasie gebruik word. Dit staan glo bekend as “Projek Flute”. Mashinostroyenia het glo in 2008 ʼn brief geskryf aan die Suid-Afrikaanse regering en gekla dat die nodige betalings nie ontvang word nie en dat Mosioua Lekota, die destydse minister van verdediging, die kontrak gevries het. In 2011 het Lindiwe Sisulu, wat toe minister van verdediging was, ʼn brief geskryf aan Naledia Pandor, wat toe die minister van wetenskap en tegnologie was, om aan te dui dat die kontrak na Pandor se departement oorgeplaas is. Pandor, Sisulu en Lekota wou nie kommentaar aan die Sunday Times lewer nie. Die departement van staatsveiligheid het ook geweier om kommentaar te lewer.

Die DA sê intussen daar is verskeie onbeantwoorde vrae oor die satelliet. “Dit is na agt jaar en R1 miljard tyd vir die regering om reguit antwoorde te verskaf,” het David Maynier, die DA se woordvoerder oor verdediging, gesê. Maynier sê hy sal Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, versoek om ʼn verklaring oor die aangeleentheid te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM ·

Hier kom nou ‘n baie goeie verskoning vir verduisterde geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.