Raaisel oor vreemde mielieland-kring opgelos

Foto: Wynand Kemp

Die raaisel rondom die vreemde mielieland-kring wat twee vlieëniers van die Wes-Rand in Gauteng Sondag uit die lug gesien het, is opgelos.

DStv se Cartoon Network het Donderdag aangekondig die mielieland-kring wat Johannesburgse inwoners die afgelope paar dae aan die gons gehad het, is ʼn publisiteitsfoefie vir die bekendmaking van die tweede seisoen van die kanaal se program Ben 10 Omniverse.

Dit is die tweede slenter van sy soort wat inwoners op hol gehad het ná die Vreemde Vlieënde Voorwerp-foefie in September 2012 in Johannesburg plaasgevind het.

Die vlieëniers wat die vorm gesien en afgeneem het, asook die boer op wie se land die vorm gemaak is, was deel van die foefie en het selfs onderhoude aan die media toegestaan oor die “vreemde verskynsel”. Lees meer hier.

“Die nuwe seisoen van Ben 10 sal Suid-Afrikaners uit die veld slaan, en as deel van die bekendstelling van Ben 10 Omniverse, sal daar ‘n eksklusiewe première daarvan by die Cresta Barnyard-teater in Johannesburg op 31 Augustus wees,” het die Cartoon Network gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.