Raaisel van ‘vreemde kreatuur’ opgelos

Foto: Facebook: PE Herald (https://www.facebook.com/TheHeraldEC)

Die oorskot van ʼn vreemde kreatuur wat by The Crags naby Plettenbergbaai opgespoor is, is uiteindelik ná ʼn outopsie uitgeken.

Die karkas is Maandag deur een van SANParke se natuurbewaarders, Llewellyn Dixon, se seun by Covie tussen Nature’s Valley en die Tsitsikamma-tolplaza opgespoor. The Herald in Port Elizabeth het foto’s van die oorskot op hul Facebook-blad publiseer.

Dr. Magdalena Braum van The Crags Dierekliniek het Donderdag aan Maroela Media bevestig dit is ʼn pasgebore wyfie-bobbejaan. Braum het vandeesweek die outopsie uitgevoer. “Sy is moontlik pas ná haar geboorte aan ʼn byt deur haar skedel dood.” Volgens Braum is kindermoord algemeen in sommige primate-spesies wanneer ʼn nuwe mannetjie aan die hoof van die trop staan.

Braum sê sy is verras dat só iets The Crags nou wêreldwyd bekend gemaak het. “Selfs ʼn koerant in Duitsland het al oor dié vonds berig.”

“Die liggaam is misvorm en gemummifiseer, aangesien die ma dit ná die babatjie se afsterwe rondgedra het. Ons sien dit gereeld wanneer ons bobbejaantroppe navors. Wyfies kan afgestorwe babatjies tot drie of vier weke lank aan hul stert ronddra voordat hulle finaal van die karkas ontslae raak.” Volgens Braum verduidelik dit die lang en smal middellyf-deel.

Dr. Braum is in Tanzanië gebore en het veeartsenykunde in Pole studeer. Sy het ná haar studies in die Verenigde Koninkryk gewerk voordat sy na Tanzanië teruggetrek en die afgelope 10 jaar navorsing op die bedreigde berg-gorilla in nasionale parke in Ruanda/Uganda en Tanzanië gedoen het. Sy het onlangs na The Crags verhuis.

Klik hier om ‘n volledige verduideliking van dr. Braum te lees (volg die skakel en klik op “cool cases”).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Juan ·

Ek glo nie vir ‘n oomblik dat daai ding ‘n pasgebore bobbejaan wyfie is nie. Sy sê dat die lyf so lank gerek het, omdat die ma die kind so lank rond gedra het. Waarom is die kop so groot, die nek so dik, die slagtande missing, die arms so lank, die stert so lank, die bene so lank? Wie het dit als gerek? Hoe kan ‘n bobbejaan aan so ‘n groot ding geboorte geskenk het. Waar het sy dit als gebêre. Hoe vêr kan mens ‘n pasgebore bobbejaan wat by geboorte seker net 30cm is so lank rek???? Sy vat ‘n kans!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.