Rajbansi “was politieke reus”

Amichand Rajbansi. Foto: Facebook

Die politikus en leier van die Minority Front, Amichand Rajbansi, was ʼn politieke reus wat daartoe verbind was om Suid-Afrika se demokrasie te verdiep, het die IVP Donderdag gesê.

Rajbansi is Donderdag in die ouderdom van 69 jaar in die Umhlanga-hospitaal in Durban oorlede. Hy was sedert Oktober in die hoësorg-eenheid waar hy vir ‘n long-infeksie behandel is. Die leier van die IVP, Mangosuthu Buthelezi, sê Rajbansi was ʼn man met vaste oortuigings. “Hy was nooit bang om standpunt in te neem nie. Sy passie vir die politiek en die mense van Suid-Afrika is prysenswaardig.” Die leier van die DA, Helen Zille, sê Rajbansi het “koalisie politiek” na Suid-Afrika help bring. “Hy was een van die mense wat die idee van koalisie politiek na Suid-Afrika gebring het deur sy party met ander partye te belyn om sy doelwitte te bereik.” Rajbansi was meer as 50 jaar lank in die Suid-Afrikaanse politiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.