Radio-aktiewe materiaal by skrootwerf gekry

Argieffoto

ʼn Skrootwerf in Boksburg in die Oos-Rand moes ontruim word nadat radio-aktiewe materiaal Donderdag in een van die werkwinkels gevind is.

ʼn Groot gebied om die perseel in Main Reefweg is ook afgesper terwyl beamptes van die nasionale kernreguleerder ontbied is om verdere toetse te doen, berig EWN.

Volgens beamptes op die toneel is ʼn houer met die materiaal in die werkwinkel van die Sarie Scrap Metal-maatskappy gevind. Die maatskappy beweer die houer behoort aan ʼn ander skrootwerf, SA Metals van Elandsfontein, wat Donderdagoggend deur ʼn vragmotor daar afgelaai is.

William Nthladi van die nooddienste sê radiasievlakke bo die toelaatbare perk is opgespoor.

Beamptes was teen 13:15 nog besig met toetse by die perseel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.