Radio-omroeper sterf in ongeluk

Lindsay Batteson-Kritzinger. Foto: OFM

ʼn Radio-omroeper by die Vrystaatse radiostasie OFM is Saterdag in ʼn motorongeluk oorlede.

OFM berig dat Lindsay Batteson-Kritzinger Saterdagmiddag omstreeks 17:00 in die ongeluk naby Theunissen in die Vrystaat oorlede is. Volgens die berig was Batteson-Kritzinger, haar man Jake en skoonouers in die voertuig toe die ongeluk plaasgevind het. ʼn Toyota Tazz was glo in die verkeerde baan nadat dit ʼn ander voertuig probeer verbysteek het. Die bestuurder van die bakkie waarin Batteson-Kritzinger hulle gery het, het uitgeswaai waarna die bakkie omgeslaan het. Volgens OFM is Batteson-Kritzinger op die toneel dood verklaar. Haar skoonma, Alna Kritzinger, is onderweg na die hospitaal oorlede. Haar man en skoonpa word in die Welkom-Mediclinic behandel. Nick Efstathiou, bestuurder van OFM, sê Batteson-Kritzinger sal baie gemis word en dat sy vir langer as ses jaar deel van die OFM-span was. Batteson-Kritzinger het onder meer die Saterdae die “Weekend Warm-up”-program aangebied.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.