Radiostasie beboet oor verkragtingslagoffer se naam

ʼn Radiostasie van die SABC is met R10 000 beboet nadat hulle die naam van ʼn kind wat verkrag is bekend gemaak het.

Die Uitsaaiklagte­kommissie van Suid-Afrika (UKKSA) sê ʼn klag is ingedien nadat die kind se naam en van verskeie kere in Mei vanjaar op Motsweding FM uitgesaai is. Dit was deel van ʼn boodskap oor die stasie se welwillendheidsambassadeur-veldtog. Volgens die klag is luisteraars stap-vir-stap oor die verkragting ingelig terwyl daar gehoor kan word hoe ʼn meisie in die agtergrond huil. Motsweding sê die meisie se familie het toestemming gegee dat haar naam, profiel en foto’s van haar gebruik kan word vir die veldtog. Die stasie sê die gebruik van die kind se naam was ʼn oproep vir aksie en het ten doel gehad om gemeenskappe aan te moedig om iets te doen oor verkragting. UKKSA het egter bevind dat die uitsaaikode nie voorsiening maak daarvoor dat ʼn ouer of enigiemand mag toestemming gee dat ʼn kind wat verkrag is se naam bekend gemaak mag word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.