Radiostasie gaan groot met Afrikaans

Steve Hofmeyr het die gehoor vermaak tydens die bekendstelling van die nuwe Afrikaanse radiostasie, GrootFM.

Pretorianers sal van Maandag kan inskakel op 90.5FM om te luister na ʼn splinternuwe radiostasie wat boonop trots Afrikaans is.

GrootFM is Woensdag amptelik by die Atterbury-teater in Pretoria bekend gestel met Steve Hofmeyr wat as gaskunstenaar die gehoor vermaak het. Van die ander bekendes wat die geleentheid bygewoon het, was ondermeer Joe en Lindi Niemand, Willem Botha, Simon Rademan en Nádine. Louis van der Watt, uitvoerende hoof van die Atterbury-groep, het ook sy steun toegesê aan die nuwe radiostasie met die Atterbury-trust wat GrootFM se gemeenskapsprojekte sal help bestuur.

GrootFM sal voortaan op die frekwensie 90.5FM uitsaai en vervang Radio Rippel. Die nuwe stasie staan onder die bestuur van Media Management Solutions (MMS) wat Radio Tygerberg, die grootste en een van die suksesvolste Afrikaanse radiostasies in die Wes-Kaap, bedryf. “Dit het vir drie maande wild agter die skerms gegaan, maar ons beloof Pretorianers ʼn unieke klank en musieksamestelling,” het Hardus Zevenster, uitvoerende hoof van MMS, gesê. Volgens Zevenster sal die stasie terugploeg in die gemeenskap deur verskeie projekte. Dit word bestuur met Christelike waardes en is trots Afrikaans. “Hoekom Afrikaans? Want ek is ʼn gebore Afrikaner, die Here het dit so gewil, en ek glo die Afrikaner het nog ʼn reuse rol om te speel in die toekoms van hierdie land,” het hy verder gesê.

Lindie Strydom is die handelsmerkbestuurder van GrootFM. By haar is Hykie Berg en Riva Schoeman twee van die nuwe omroepers wat vanaf Maandag op 90.5FM sal uitsaai.

Die stasie spog nie net met ʼn nuwe klank nie maar sal ook ʼn hele paar nuwe stemme op die lug hê. Riva Schoeman, gesoute radio-omroeper, sal voortaan die middag-spitsprogram saam met Kevin Pienaar aanbied. Luisteraars sal werk toe ry saam met Die Groot Ontbyt-span wat bestaan uit Francois Botha en Izaan Steenkamp. Die akteur, Hykie Berg, sal Pretorianers op Saterdagoggende van 09:00 tot 13:00 geselskap hou.

Luisteraars sal ook landswyd aanlyn na GrootFM kan luister deur die stasie se webtuiste en daar is ʼn app beskikbaar vir die mense wat na die nuwe radiostasie op hulle tablette en slimfone wil luister.

Klik hier om ‘n video van die bekendstelling te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Willem Erwee ·

Dankie vir almal se positiewe terugvoer oor ons nuwe radio stasie, Groot FM. Ongelukkig word ons beperk itv ons uitsaai area tot die groter Pretoria area. Ons is wel op “streaming” beskikbaar vanaf Maandag, 5 Augustus vanaf ons nuwe webtuiste. Ons web-, Android- en iPad- App sal ook vanaf Maandag af beskikbaar wees.

Elsie ·

Wiiem ek dink nie juke box is so goeie idee nie veral wanneer mense inbel en nie weet wat om te sê nie, los dit vir die TV en bring terug die SMS versoek program net vir die radio
Dit is baie rustiger om na te luister.

alta ·

Ek sukkel nog om na die nuwe stasie te luister. Jukebox pas net nie vir my in nie . Hou dit liewer n gemeenskaps Radio met ons plaaslike mense se behoeftes.

Hannes ·

Wanda, daar is regoor die land verskillende Afrikaanse radio stasies. Ongelukkig word hulle beperk to sekere areas. Sommiges verskyn op Maroela Media se webwerf maar ander moet jy maar soek om die frekwensie te kry. Miskien kan Maroela Media vir ons die frekwensies gee sodat ons waar ons gaan die stasies kan luister. Toevallig word baie van Maroela Media se programme en stories op die stasies uitgesaai.

Stroompie ·

Ek wonder hoe eg Afrikaans die stasie gaan wees? Eg Nuwe Afrikaans, of Eg Tradisionele Afrikaans? Ek mis die ou Afrkaanse radiostasie wat behoorlike musiek en programme uitgesaai het. Eg Afrikaans sonder “slang”. Eg Afrikaans met trots en beginsels. Waar is daardie dae…?

JB ·

Baie geluk en sterkte vorentoe vir julle! Iets positief darem, dankies!

alta ·

Ek kan nie wag vir sie nuwe stasie nie. Moeg vir die stasie wat net politiek wil praat en mens se senuwees opjaag. Jammer oor Rippel maar ek glo ons gaan die stasie geniet

Lou du Venage ·

Dit is vantasties om n afrikanse radiistasie op die lug te he. Ek is trots om Afrikaans te wees. Baie geluk aan alnal by die radio stasie en mag due Here julle seen met hierdie pragtige stap en mag julle van krag tot krag gaan.
Trotse Afrikanse groete.
Ek bly in Potgietersrus, wanneer sal ek na julle kan luister?

Walter Wayne Draper ·

Wat ek graag sal wil weet is; eerstens die adres vir GrootFM se web tuiste, en tweedens of hulle jong opkomende kunstenaars (soos myself) die kans gaan gun om hul oorspronklike Afrikaanse liedjies op die lug te hoor.

Heidi ·

Veels geluk julle! Gaan GROOT! Wat ‘n heerlikte in Afrikaans. Julle kan ook na ons luister op Whale Coast FM (saai ook net na 11vm Radiovervolgverhaal Boekeparadys uit en daarna Allegaartjie – dankie Maroela Media!!). Ek saai soggens van 9 – 11 weeksdae hoofsaaklik in Afrikaans uit – dis my taal! http://www.whalecoastfm.co.za en kliek links bo op Listen Live en kies dan jou applikasie. Dankie en ek gaan ook na GrootFM luister.x

Willy ·

Ditsem! Mag julle van krag tot krag gaan. Voorspoed op julle pad voorentoe.

Pieter Koen ·

Veranderinge kom en gaan… wat ek net wil weet… Is wat het nou van al die geld, insamelings, toewyding ens geword waar die gemeenskap saam gestoei het vir Rippel se insamelingsveldtogte om die radiostasie op die lug te hou? Kon die stasie werklik nie meer finansieel staan nie?…

Deon Wilken ·

Ag nee wat Hulle kom nie naby die ou Rippel span nie. Bring terug die ou Rippel 90.5

Elsie ·

Ja ons moet nog gewoond raak veral die oggend span is nog nie lekker op die oor nie
Die stemme — jammer ouens niks persoonlik teen julle nie.
Dit lyk my hulle druk vir Henry daar in ‘n hoek en sê praat as ons sê jy moet praat.
Saterdag aand se omroeper ek dink sy naam is ( Jaques ) is hy nuut ? het bietjie baie
gesukkel

Elsie ·

Ja alles is so stil gehou ek weet met al die hof sake kos dit baie die res moes hulle seker salarisse betaal

MONICA PIETERSE ·

BAIE BAIE GELUK!! SE MY NET WAAR OM DIE RADIO STASIE OP TE VANG EK KRY HOM NIE OP 90.5 – WONDERLIK OM N AFRIKAANSE STASIE TE HE HY GAAN BLER OP MY BESIGHEIDS PERSEEL!!!

Sarel ·

Wat ‘n wonderlikke gebeurtenis! Lekker om my taal te hoor heeldag lank. Verseker ‘n goeie musiek samestelling… wat van ons alternatiewe Afrikaanse sangers (Jan Blom, Heuwels Fantasties en die ouens)? Dit gaan die stasie nog meer fantasties maak!!! Verseker :-)

Marietjie ·

julle is net wow !!!!!!! ons luister by die kantoor en ek by die huis, die gospel gemeng met sekuler is net wonderlik. ek wil iets se, en ek gaan dit se, ons het nie meer lekker met rippel gekuier nie, maar hierdie is vars, lekker, aaaaaaaaaaag en net wow.

bou so voort

Johan Botha ·

Ons is gelukkig om ‘n stasie soos GrootFM hier in Pretoria te kan opvang. Dis ‘n manjefieke skuif na merkwaardige kwaliteit. Voorspoed.

Alma ·

Wil net weet of Reeva en Francois nog by Kansel betrokke is ook?

carla van tonder ·

Julle stasie speel baie lekker musiek, MAAR AI doen tog asb iets aan jul omroepers. Susan klink of sy dood gaan met geen sprankel in haar stem nie. Reeva is erg irriteerend dat ek sommer van stasie verander. Ah nee ah, haal hulle af van lug af. Dis nie net ek wat so voel nie, almal by Unisa stem saam.

alta ·

Mense luister maar liewer na die musiek Hier isander Radiostasies wat veel erger is. Di is eintlik lagwekkend. Groot FM se musiek is tops Luister bietjie Bosveld Sterio !! Julle gaan dit geniet

pieter koen ·

Dagse Groot FM. Geluk met jul stasie, maar eiish die omroepers is jiggggg. Su An is nog nie op n vlak van n omroeper nie. Nee man het julle dan nou sommer vir goedkoop arbeid gegaan? Dan die middag program met Kevin en Reeva is erg. Reeva moet haar maar besig hou in die kombuis, want mens kan hoor Kevin is erg frusteerd met haar. Hy praat haar maar dood en druk die play knoppie sodat die musiek maar eerder speel. Gaan maar weer Jacaranda luister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.