Radiostasie kry boete oor lasterlike uitlatings

Die radiostasie Jacaranda FM is met R25 000 beboet nadat een van sy aanbieders lasterlike uitlatings gemaak het teenoor ʼn luisteraar.

Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) sê Francois Greeff het ʼn klag by die kommissie ingedien nadat die aanbieder Robbie Kruse lasterlike opmerkings gemaak het teenoor hom op 14 September 2012. Kruse het vroeër die dag ʼn artikel gelees in die Beeld waarvolgens Greeff glo ʼn hond met ʼn mes doodgesteek het toe dit hom en sy twee honde aangeval het. Kruse het op die lug gesê: “Ek sal maar pasop vir daardie Francois Greeff as ek met my Beagle hond stap, hy sal sommer my Beagle met ‘n mes steek.” Volgens Greeff het Kruse verskeie ander uitlatings gemaak wat die indruk skep dat hy wreed is teenoor diere en dat hy in die strate van Pretoria rondloop en lukraak honde aanval. Die UKKSA sê Beeld het berig dat Greeff uit selfverdediging opgetree het en dat Kruse se uitlatings lasterlik was. Die UKKSA sê Jacaranda moet die boete, met BTW, voor of op 30 November aan die kommissie betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Christa Shawe ·

Ek skakel glad nie meer in op Jacaranda fm nie, juis oor lastelike dinge wat van die omroepers kwytraak. Op ‘n keer selfs die Bybel onvanpas aangehaal op ‘n Saterdag oggend ‘n paar maande gelede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.