Ramaphosa vergader met swart sakelui

Presidensie

Pres. Cyril Ramaphosa Woensdag by die Uniegebou in Pretoria waar hy die Black Business Council (BBC) ontmoet het. (Foto: GovernmentZA).

In die afgelope 30 jaar is daar heelwat vordering gemaak om swart mense en vroue se ekonomiese posisie te bevorder.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag gesê by ʼn ontmoeting met die Black Business Council (BBC) by die Uniegebou in Pretoria.

Die raad, onder leiding van Elias Monage, is ʼn konfederasie wat swart sakelui en ekonome verteenwoordig.

Die samesprekings met die president het Woensdag gefokus op kwessies wat die deelname, groei en ontwikkeling van swart ondernemings in die Suid-Afrikaanse ekonomie belemmer. Daar is ook samesprekings gehou oor energiesekerheid, vervoer, landbou en die bekwaamheid van die regering.

“Sedert die aanvang van demokrasie, byna 30 jaar gelede, het ons gewerk om die ekonomiese posisie van swart en vroulike Suid-Afrikaners te verbeter. Dit is hoekom ons swart bemagtiging (BBBE), regstellende aksie, voorkeurverkryging en ander transformasiebeleide daar gestel het om die ongelykhede wat deur jare van apartheid geskep is, te pak,” sê Ramaphosa.

“Ons fiskale beleid het ʼn massiewe herverdeling van hulpbronne na hoofsaaklik swart Suid-Afrikaners moontlik gemaak deur die verskaffing van basiese dienste, gesubsidieerde behuising, verbeterde onderwys en gesondheidsorg, asook maatskapplike toelaes.”

Die president het ook voorstelle wat die raad voorgelê het, verwelkom. Daar is ooreengekom om op vyf punte te fokus, naamlik inklusiewe ekonomiese transformasie, befondsing van klein sakeondernemings in swart besit, energie, vervoer en logistiek, asook die kapasiteit van die staat.

Hierdie fokuspunte sal deur die presidensie gekoördineer word en ʼn verslag sal in Maart volgende jaar gelewer word.

Ramaphosa het ook opnuut die regering se verbintenis om die energiekrisis, logistieke agterstande, misdaad en korrupsie te pak, herbevestig.

Volgens die president is daar reeds ingegryp deur die energie-aksieplan, nasionale logistieke krisiskomitee en die onlangse vraglogistieke ingrypingsplan wat aanvaar is. Ramaphosa het ook die besluit om ʼn nuwe direksie vir Transnet asook ʼn uitvoerende hoof vir Eskom aan te stel, verwelkom.

Monage het op sy beurt dié vordering geloof, asook die vordering wat gemaak word met die jongste wysigings aan die Wetsontwerp op Staatsverkryging.

“Ons beskou hier wetsontwerp as ʼn baie belangrike hulpmiddel en die raad is bly dat die wetsontwerp, in sy huidige vorm, ná vele gevegte die tersydestellings in die primêre wetgewing bevat,” sê Monage.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Delia ·

Wanneer is die datum wanneer u met wit sakelui wil gesels ook oor hulle struikelblokke.

Republikein in die Wes Kaap ·

En daar vlieg die Moonshot Pact se swart besigheid steun by die venster uit. Die ANC weet watter knoppe om te druk.

Jan Jacobs ·

Ja hulle doen goed want hulle, kompetisie word gekniehalter deur wetgewing.

Manie ·

Wit sakelui hoef nie met jou te vergader nie, ons smeek vir niks en sal self regkom dankie.

hpven ·

Mens hoor elke dag van vordering volgens Ramaphosa. Agteruitgang in die hool is egter al wat ondervind word!

Vonkprop ·

Tragies al hierdie goed wat hulle moet stig om iewers te kom en dan pleeg hulle nog steeds bedrog al kry hulle al die hulp wat hulle nodig het. As jy nie vir iets werk en jy kry net, waardeer jy niks. Dit is hoekom ons boere soveel respek moet kry, want hulle werk dêm hard om vir ons te sorg, sowel as al die ander hardwerkende mense.

skurweberg ·

Hervorm tot rommelsatus hip, hip hoera voorwaarts met Afrika standaarde en kommunisme.

Jakes ·

Ramaphosa probeer stemme koop vir 2024. Hy moet oppas dat hy nie soos Pinochio n lang neus kry nie. Nog nooit iemand gekry wat mense die son, maan en sterre belowe en in ruil niks kry nie. Probleem is dat sy people hom glo dus word hulle maklik mislei. Om ekonomies suksesvol te wees kos harde werk, eerlikheid en integriteit.

tweeling ·

Ja Weskaap jou DA is die drywer van pact of is jy lid van die Referendum Party

Jacobus ·

So dit is nie diskriminasie en rassisties om net met swart sakelui te vergader nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

tweeling, die DA is landswyd en aktief in al die provinsies. Winde was aanvanklik teen ‘n referendum, maar begin nou toegee dat die mense van die WK oor hul toekoms moet besluit. Hy raak bang vir die RP.

Papsak ·

Ja hy wil stemme koop nou want stemmery is op hande wit sakelui wil nie met jou praat nie ondersteun jou our people maar want vir ons gee jy niks om nie

Andre ·

…wie word nog gebluf deur CR se praatjies?
Dis net die kaders wat by die trog eet, en die A en C moet sorg dat dit vol bly .

Net-my-opinie ·

So baie wette, inisiatiewe en moeite..om Swart mense te bevoordeel, en tog steeds is daar so baie agteruitgang, korrupsie en mislukkings. Hulle kan maar net nie blywende, eerbare en volhoubare werk skep nie, dit is tog hoe mens jouself uit die armoede en ongelykheid ophef. Maar as Witmense bymekaarkom om planne te maak word hulle as rassiste uitgekryt? Mnr. Ramaposa, julle is besig om ñ nuwe tipe ongelykheid te skep deur julle volgehoue en voortdurende uitsluiting van die Witman. Wonder net wat noem ñ mens dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.