“Rambo Squad” van Ficksburg word ondersoek

Argieffoto.

Beweerde klagtes van aanranding deur polisiebeamptes van die Ficksburg-polisiestasie gaan deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirek­toraat (Opod) ondersoek word.

Moses Dlamini, die woordvoerder van Opod, het Vrydag gesê hulle het drie dossiere oor ʼn beweerde erge aanranding,  ʼn algemene aanranding en een dossier oor ʼn poging tot moord ontvang.

ʼn Groep polisiebeamptes, wat as die sogenaamde “Rambo Squad” bekend staan, is glo verantwoordelik vir ʼn reeks van aanrandings op inwoners van Ficksburg en die omliggende gebiede.

“Die poging tot moord-ondersoek hou verband met beweringe dat ʼn vrou deur ʼn polisievoertuig van die ‘Rambo Squad’ omgery is,” het Dlamini gesê. Meer inligting oor al die voorvalle is nie bekend gemaak nie.

Kol. Thandi Mbambo, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die voorvalle word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JAVR ·

Mens kan regtig net kopskud!!! Hulle is bendes met badges! Nee kyk, vanmore gehoor daar het een van die bloulig gedrogte op die snelweg gebreek. Jacaranda vra toe “5 calls says it all” of jy sal stop om te help. HA HA toe ek opgehou luister het het NIEMAND gedink hulp kom hulle toe nie. As ek sien hoe mense ‘n polisieman bykom en donder sal ek hulle aanmoedig!

Eben ·

Stem saam jou JAVR dis n lot sotte bymekaar. Hulle kan mense vas maak en agter voertuie aansleep en NIKS oor kom. Hulle kan mense dood skiet wat betoog oor korrupte diens en NIKS oor kom. Hulle kan tydens aandiens hoer dienste aan bied aan jagse mans en NIKS oor kom nie. ens ens ens Nee wat ek stem ek sal nie eers n vinger verroer as daar van hulle gedonder word wat hulle is pateties!

Trippie ·

JAVR, ek het gewonder wat die uitslag van die “5-calls says it all” was. Kon nie langer in my motor sit en wag nie. Dankie.

Ek sou verseker ook nie hulp aangebied het nie (sou ek ‘n man wees).

EBEN, kan nie help, ek het nou gelag vir jou repliek – (skuus).

Eben ·

Nou vertel ons ‘Kol’. Thandi Mbambo hoe lank gaan die ondersoek duur? Kom-kom oubaas se honne lig jou bietjie en vat die kurrupte lede vas … of is dit te laat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.