Ramp wag dalk op sjokoliste

sjokoladeDaar sal teen 2020 waarskynlik jaarliks ‘n tekort van een miljard kilogram sjokolade wees.

Die wêreld se totale produksie is op die oomblik sowat 4 miljard kilogram. Een van die hoofredes vir die dreigende tekort is dat boere in Wes-Afrika al hoe meer oorskakel na produkte soos rubber en palmolie wat minder arbeidsintensief is.

Een van die wêreld se grootste kakoao- en sjokoladeprodusente, Barry & Callebaut, probeer hierdie ramp vir sjokoliste die hoof bied. Onder meer word boere veral in die Ivoorkus aangemoedig om doeltreffender verbouing toe te pas wat hul produksie kan verdubbel.

Die Switsers eet gemiddeld 11,6 kg sjokolade per jaar, gevolg deur die  Belge met “net” 11 kilogram sjokolade per jaar. Die Iere verslind gemiddeld 9,9 kilogram.

Suid-Afrika tel nie onder die top 20 lande nie, met ‘n per capita gebruik van sowat 1,3 kg in 2010.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Daar sal geen tekort wees nie. Die prys sal eenvoudig styg totdat vraag genoeg daal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.