Rampbus het glo te vinnig gery

iStock_000015602916XSmall91-320x212Die bus wat Sondag in Melmoth in KwaZulu-Natal in ʼn ongeluk betrokke was waarin nege dood is, het glo te vinnig gery.

Willies Mchunu, LUR vir vervoer, sê verkeersbeamptes het die bus vroeër die dag by Nongoma van die pad afgetrek en bevind dat die bestuurder onder die invloed van alkohol was. “Die bestuurder is in hegtenis geneem en met ʼn ander bestuurder vervang.” Dié bestuurder het glo te vinnig gery toe die ongeluk plaasgevind het. Daar is aanvanklik berig dat tien mense in die ongeluk dood is. Mchunu sê die bestuurder van die bus is egter nie in die ongeluk dood nie en word in die hospitaal behandel. Sewe meisies en twee vroue is in die ongeluk dood. Die bus was op pad terug van ʼn rietdans-seremonie by Nongoma. Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die bus het omgeslaan en teen ʼn staalversperring gebots. Mchunu sê die regering sal vir die oorledenes se begrafnisse betaal. Mchunu sê hy is ongelukkig oor die aantal ongelukke wat die afgelope drie maande op die paaie in die provinsie plaasgevind het. “In Julie en Augustus was daar ʼn skerp toename in die aantal padsterftes met 339 mense wat op die paaie in die provinsie dood is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JAVR ·

Ja definitief! Maar kan jy glo hulle vervang die dronk weeluis en die ander een was seker dronk en onverskillig!

Trippie ·

Waar is SwartMag Mamba nou …

***

“Mchunu sê die regering sal vir die oorledenes se begrafnisse betaal.” – HOEKOM ?

Waarom word vermoorde Boere se begrafnisse nie ook betaal nie, of dink hulle alle Boere (Blankes oor die algemeen) is ryk ? Dit is tog Volksmoord, maar die regering leef 24/7 in ontkenning.

Sluit die drek toe.

NS: Kan iemand my meer vertel van die “rietdans-seremonie” ?

Willy ·

Swart mamba het gehamba in hibernasie in.

Ek was nou buite, voel of ‘n koue front inbeweeg het.

Trippie ·

Nee, ek soek hom, wil hom sy fortuin vertel.

Enige idee wat ‘n rietdans-seremonie is ?

JAVR ·

Hulle dans seker maar tussen die riete vir die riete om die voorvaders te gaan tik met ‘n riet! of so iets!

Willy ·

Haha, ek sal straat afgejaag word. Terugkruip op my knieë gaan nie help nie.

JAVR ·

Wat van die mense wat deur Taxi’s uitgemoor word! Nou praat ek nie van insittendes nie, want hulle is uit vrye wil in daai doodskis. Ek praat van die mense wat so afgemaai word deur die taxi’s Hulle moet ook mos betaalde begrafnisse kry!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.