Rampe eis baie in 2013

Tifoon Hayan se verwoesting Foto: Romeo Ranoco

Tifoon Hayan se verwoesting Foto: Romeo Ranoco

Rampe het vanjaar sowat 25 000 lewens geëis, veel meer as verlede jaar se ongeveer 12 000, aldus die Switserse herversekeraar, Swiss Re.

Veral die orkaan Haiyan wat die Filippyne onlangs getref het, het met sy dodetal van 7 000 tot die groot getal ongevalle in 2013 bygedra.

Swiss Re reik tradisioneel in Desember voorlopige syfers uit, en volg dit dan in Maart van die volgende jaar met finale syfers op. Volgens Swiss Re het rampe vanjaar skade van sowat $130 miljard aangerig. Sowat $44 miljard sal deur versekeraars uitbetaal word. Versekeraars sal sowat $6 miljard opdok vir rampe wat deur mense veroorsaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.