Rampe eis minder lewens

Die nasleep van Tifoon Bopha. Foto: Getty

Die nasleep van Tifoon Bopha. Foto: Getty

Al was daar in 2012 altesaam 552 geregistreerde natuurrampe wêreldwyd was dit minder as enige ander jaar die vorige tien jare, en was die aantal ongevalle 90% as die voorafgaande dekade se gemiddeld.

Die Rooi Kruis stel vandag sy natuurramprapport vir 2012 bekend.

Die natuurramp wat verlede jaar die meeste lewens geëis het, was die tifoon Bopha wat die Filippyne getref en 1 901 lewens geëis het. Altesaam is 139 miljoen mense verlede jaar deur natuurrampe getref, en is meer as 15 000 mense dood.

Die Rooikruis skryf die minder ongevalle gedeeltelik aan beter tegnologie voor, soos verbeterde weervoorspellings wat mense betyds na veiligheid laat vlug en geboue wat meer bestand teen aardbewings is. Ontwikkelende lande neig dus om erger deur te loop.

Die Rooikruis het sy jongste verslag aan tegnologie en inligting opgedra.

Bron: Belga

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.