Ramphele erken sy is ryk weens SEB

Dr. Mamphela Ramphele. Foto: Werner Beukes/Sapa

Mamphela Ramphele, die leier van Agang SA, se rykdom word glo toegeskryf aan die voordeel wat sy uit swart ekonomiese bemagtiging (SEB)-onderhandelinge bekom het, het The Star Vrydag berig.

Adi Mistry-Frost, Ramphele se woordvoerder, het aan die koerant bevestig Ramphele het sowat R40 miljoen voordeel getrek deur SEB-onderhandelinge in vyf maatskappye. “Met die uitsondering van Pearsons, het dr. Ramphele baat gevind by die SEB-onderhandelings waarby sy vergoed is om as ‘n voorsitter of direkteur te dien,” het Mistry-Frost gesê.

“Deur beheer van die maatskappye was dr. Ramphele in ʼn posisie om waarde toe te voeg tot die maatskappye se groei, werkskepping, en, bo alles, om hul transformasie-agendas te bevorder. ”

Ramphele se kantoor het aan die koerant gesê sy is in konsultasie met lede van Agang SA om die party se SEB-beleid te vorm, “want dit is duidelik dat mense voel dat SEB nie korrek geïmplementeer word nie”.

Ramphele het vandeesweek haar persoonlike finansies aan die publiek bekend gemaak en ʼn beroep gedoen op pres. Jacob Zuma om dieselde te doen.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Dis om van naar te word !

Ons blanke-kinders moet landuit om ‘n bestaan te maak as gevolg van SEB !

Hierdie een moes eers haar rykdom opbou en ek wonder, sou dit nie wees dat sy die leier van Agang SA was nie, suo sy dit steeds bekend gemaak het.

Moet byvoeg, ek hou van die uitdaging aan Zuma gerig ! Maar ons weet, hy is ‘n ruggraatlose jellievis en watookal voorgelê sou word, is nie geloofwaardig nie.

Flash ·

Hierdie parasiete het almal groot bekke, maar nog nie een het in die laaste drie honderd jaar iets tot stand gebring nie. Hulle het hulleself verryk deur rassisme. Swart Ekonomiese Bemagtiging = die Parasiet wet!
Ek het na die ou vrou se uitlatings geluister en tot die slotsom gekomk sy is maar net nog ‘n rassis… tot geen goed instaat nie. So moenie asem ophou dat haar politieke party iets goeds kan meebring nie. Ditto vir die groot grypdief Malema se ‘Ekonomiese Vryheids Party’. Vryheid om na hartelus te steel wat ander deur jare met harde eerlike werk opgebou het.

Peter Vonk ·

OK,ons is ook besig met ons WEB.Niks van dit gaan in n Bank nie,doen wat ons Oupas gedoen het,bere dit in n trommel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.