Ramphele gaan DA-presidensiële kandidaat wees

Dr. Mamphela Ramphele. Foto: Werner Beukes/Sapa

Dr. Mamphela Ramphele. Foto: Werner Beukes/Sapa

Mamphela Ramphele, die leier van die politieke party Agang SA, gaan die DA se presidensiële kandidaat vir die algemene verkiesing wees, het Hellen Zille, die DA se leier, Dinsdag bekend gemaak.

“Ek kan vandag bekend maak dat dr. Mamphela Ramphele die DA se uitnodiging aanvaar het om as ons presidensiële kandidaat vir die 2014 algemene verkiesing op te tree,” het Zille in Kaapstad bekend gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Ai toggie, hierdie is ‘n perfekte voorbeeld van politieke opportunisme. Indien dr. Ramphele uit oortuiging van beginsel opgetree het, sou sy van die begin af eerder haar gewig by die DA ingegooi het. Sy het egter eers probeer om haar eie klein koninkryk te bou met Agang, maar toe sy sien dit lewer ‘n windeier op, besluit sy om eerder maar by die DA in te val. Sulke leiers het ons nie nodig nie. Lyk my of sy bloot ‘n meer gesofistikeerde manifestasie van president Zuma is. Ons soek leiers met integriteit, staatsmanne / vroue, wat landsbelang bo eiebelang stel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.