Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het Sondag gesê Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, het afgewyk van die ooreenkoms om haarself as presidensiële kandidaat van die DA beskikbaar te stel.
“Dr. Ramphele het kop uitgetrek uit die ooreenkoms dat sy as die DA se presidensiële kandidaat beskikbaar sou wees en dat Agang SA se lede, takke en vrywilligers by die DA ingesluit sou word,” het Zille in ‘n verklaring gesê. “Dr. Ramphele het bewys dat sy nie vertrou kan word om enige projek te volbring nie.” Zille het verlede week Dinsdag aangekondig dat Ramphele die DA se presidensiële kandidaat sou wees en dat Agang SA en die DA sal saamsmelt.
Die DA en Ramphele het Sondag vergader.
Zille sê die DA het ter goeder trou met Ramphele onderhandel en dat sy “kat en muis”-speletjies speel. -SAPA
Niks nuut nie sy tree op volgens haar kultuur so die goedgelowiges wat glo aan transformasie let asb op in die klas en word wys
Ha !ha! ha! Wat het Zille verwag.
My hare het al destyds regop begin staan toe ek lees dat Ramphele het kort nadat sy Agang gestig het, Limpopo toe gegaan om haar voorvadergeeste te raadpleeg. Dalk het sy ook nou van die buitenste ruim die boodskap gekry dat die DA nie haar heimat is nie.
wys vir my EEN politikus wat vertrou kan word!?