Ramphele is nog nie ʼn DA-lid nie

Mamphela Ramphele

Mamphela Ramphele

Die Demokratiese Alliansie het Woensdag bevestig Mamphela Ramphele, die party se presidensiële kandidaat, is nog nie ʼn lid van die DA nie.

“Ons sal vir haar lidmaatskap sorg,” het Wilmot James, federale voorsitter van die DA, aan Sapa gesê. Dit sal deur ʼn tegniese komitee hanteer word.

Helen Zille, leier van die DA, het Dinsdag Ramphele aangewys as die party se presidensiële kandidaat.

Volgens James wil die twee partye saamsmelt, maar dit het nog nie plaasgevind nie. “Die DA en Agang SA het ingestem om saam te smelt.” Die tegniese komitee sal glo ook die integrasieproses en verwante sake hanteer.

Intussen het Andries Tlouamma, voorsitter van Agang SA in Gauteng, gesê die besluit om by die DA aan te sluit berus nie by Ramphele nie. “Dit gaan ons besluit wees, nie haar besluit nie,” het Tlouamma Woensdag aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Daar is strukture in ʼn party. Daar is prosesse wat gevolg moet word om sekere besluite te maak.”

Tlouamma sê ʼn besluit oor samesmelting met die DA kan nie deur ʼn individu geneem word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Oepsie ….. hier kom die eerste skote. Dis jammer dat dit op so noot moet begin.

Andries Tlouamma, nou wie is jy nou eintlik as jy by die huis is. As Dr Ramphele nie meer daar is, is jou party nie eers die papier werd waarop dit geskrywe is. Hoop regtig nie jy kom saam oor na die DA toe Andries, klink of jy n regte moeilikmaker mag wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.