Ramptoestand in Pretoria afgekondig

Argieffoto

Argieffoto

Die Tshwane-metro het Woensdag ʼn ramptoestand in twee gebiede van Pretoria afgekondig ná Donderdag se hewige storm.

“Die raad het tydens ʼn vergadering besluit om ʼn ramptoestand te verklaar nadat die erge storm grootskaalse skade aan eiendom en infrastruktuur aangerig het,” het Selby Bokaba, ʼn woordvoerder van die metro, in ʼn verklaring gesê.

Sowat 44 800 huise is veral in Mamelodi en Soshanguve beskadig. Dakke, vensters, sonkrag-warmwatertoestelle, voertuie en huisinhoud is beskadig. Volgens die metro beloop die skade van die storm nagenoeg R100 miljoen. Die metro het plastiekplate vir dakke en vensters verskaf, asook komberse, matrasse en kospakkies vir 1 600 huishoudings in die gebiede.

Gemeenskapsale in Soshanguve en Mamelodi word ook gebruik as tydelike skuilings terwyl opruimingswerk voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BlinkStefaans ·

Seker ook nog vir hul gese #Proudlybrougthtoyoubytheanc….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.