Ramptrein het glo 140km/h te vinnig gery

Foto: @RCTVenlinea/Twitter

Die Spaanse hoëspoedtrein wat tot die dood van 77 mense gelei het, het glo 140km/h te vinnig gery.

Die trein het Woensdag in ‘n draai vlak voor die stasie van Santiago de Compostella ontspoor. Minstens 143 mense is beseer. Klik hier om meer te lees.

Volgens ooggetuies was daar ‘n ontploffing op die trein kort voor die ongeluk, maar die owerhede wil nog niks van moontlike sabotasie weet nie. Die trein het glo teen 220km/h die draai ingejaag, waar die spoedbeperking slegs 80km/h is.

Die plaaslike owerhede doen ‘n beroep op mense om bloed te skenk.

Die ongeluk was aan die vooraand van die Fees van Jacobus (Santiago), maar is in die lig van die ongeluk afgelas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.