Ras ʼn probleem in regstelsel?

Argieffoto

“Die Regterlike Dienskommissie (RDK) moet die ongemaklike persepsie hanteer dat ‘wit mans nie kan oordeel nie’,” het Izak Smuts, praktiserende advokaat en senior raadsbeampte van die kommissie, glo in ʼn dokument gesê wat City Press bekom het.
“Die RDK behoort ‘n eerlike debat oor sy benadering tot die aanstelling van blanke manlike kandidate te hê.”
Volgens die koerant gaan Smuts na verwagting Maandag die dokument tydens ʼn geslote vergadering aan die RDK voorlê.
“As die meerderheid voel dat wit manlike kandidate slegs in buitengewone omstandighede vir aanstelling oorweeg gaan word, dan moet die RDK so sê, sodat hulle nie deur die hele proses van onderhoude moet gaan net op om die ou einde verwerp te word nie, ” het hy verder in die dokument gesê.

Kontroversie het in Februarie na vore gekom nadat ʼn Kaapstadse advokaat, Jeremy Gauntlett, verwerp is vir aanstelling as ‘n regter van die konstitusionelehof. Dit was die vyfde keer wat Gauntlett vir regterlike aanstelling afgekeur is.
Hoofregter Mogoeng Mogoeng het verlede jaar in Oktober gesê dat die transformasie van die regbank ‘n deurlopende “balanseerspeletjie” is tussen die grondwetlike doelwitte en die aanstelling van mense wat regterlike funksies effektief kan uitvoer.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Remi ·

WAT “N LAGWEKKENDE STORIE!!!!!!!!!!!!!DIS NIE MEER LANK NIE OF DIE HULP VAN DIE WIT MAN WORD WEER INGEROEP/INGESPAN!!!!!!!!!!!!!GEEN WONDER DAAR IS NIE MEER IETS SOOS “DIENS” IN SUID AFRIKA NIE!!!!!!WANT DIS NOU HANDLIGGEND!!!!!!!!!!!!!!DIS NOU ‘N UITGEMAAKTE SAAK DAT DAAR NIE MEER WERK VIR DIE WIT AFRIKANER IN SUID AFRIKA IS NIE!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.