Rasimone-myn staking gaan voort

ʼn Groep mynwerkers van Royal Bafokeng Platinum se  Rasimone-myn, naby Rustenburg in Noordwes, het Donderdag ʼn staking voortgesit om groter salarisse te eis. Maroela Media het Woensdag berig sowat 1 000 werkers het buite die hoofingang van die myn se skag begin saamtrek. Hulle eis ‘n maandelikse salaris van R12 500.

Die polisie het ʼn sterk verteenwoordigheid op die toneel, berig RSG. Dié staking volg kort nadat ten minste 44 mense dood is sedert ʼn gewelddadige aksie by Lonmin se Marikana-myn voorverlede Vrydag begin het. President Jacob Zuma het ʼn rouperiode aangekondig wat sal strek tot 26 Augustus. ʼn Gedenkdiens word Donderdag by Lonmin op die koppie gehou waar 34 slagoffers verlede Donderdag deur die polisie doodgeskiet is. ʼn Verdere 78 betogers is in die skietery beseer.

Royal Bafokeng Platinum het nog nie kommentaar oor die staking gelewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.