‘Raskwotas ʼn tree agteruit,’ sê VF+

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se aankondiging dat hy ʼn nuwe raskwotastelsel in plaaslike rugby gaan instel is ʼn tree agteruit, het die Vryheidsfront Plus gesê.

“Rassekwotas in rugby en sport in die algemeen is ‘n stap agteruit en is onversoenbaar met ‘n aktiwiteit waar deelnemers uitsluitlik na uitnemendheid streef om die hoogste vlak van deelname op meriete te bereik,” het adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor sport, gesê. Dit kom nadat Saru aangekondig het dat daar van volgende jaar af van al 14 Vodacombeker-spanne verwag sal word om ʼn minimum van sewe swart spelers in sy wedstrydspan van 22 spelers te hê. Twee van die sewe moet voorspelers wees. ʼn Minimum van vyf swart spelers moet op die veld draf as ʼn wedstryd afskop. “Hierdie besluit is onverstaanbaar aangesien daar in die onlangse verlede die versekering gegee is dat kwotas nie meer toegepas sal word nie. Sport ontwikkel van ‘n lae ouderdom af, en vir twee dekades al is daar niks wat jong sportlui daarvan weerhou om vryelik deel te neem en in hul sport te presteer nie. Nou word rassekwotas skielik weer van bo toegepas. Soos voorheen sal dit onnodig alle spelers van kleur onder verdenking plaas en hul selfvertroue ondermyn aangesien die stigma van ‘n sogenaamde kwotaspeler hierdeur geskep word,” het Alberts gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

tommyallen ·

Kan hulle niks uit hulle eie doen sonder om mense uit die pad te stamp of bo-oor hulle te klim om ‘n posisie te gryp nie?

piet ·

DIE UITTOG NA OORSEE GAAN SPOEDIG N STROOM WORD. BEGIN MAAR OM N BUITELANDSE SPAN TE ONDERSTEUN. JY VERDIEN OM DAAT TE SPEEL, SWART OF WIT MAAT `N GEDWONGE SPUL IS N SWAK SPUL.

Johan Viljoen ·

Nou wat verwag die Vryheid Front? Slim besluite deur dom idiote?

Lizzie ·

Geld die kwotastelsel dan vir Sokker ook? As dit gebeur kan Bafana Bafana dalk meer wedstryde wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.