Rasseherrie oor outisme

‘n Rasseherrie het kort voor Wêreld Outismebewusmakingsdag op 2 April losgebars, en die Vereniging vir Outisme het hom van die Outisme Suid-Afrika se bewusmakingsveldtog gedistansieer.

Outisme Suid-Afrika het die Vereniging vir Outisme onlangs in kennis gestel dat sy bewusmakingsveldtog van 2 April af die volgende slagspreuke sal insluit:

  • Autism is for Blacks only (Outisme is slegs vir swartmense)
  • Autism is for Retards (Outisme is slegs vir vertraagdes)
  • Autism is for Whites only (Outisme is slegs vir witmense)
  • Autism is for Possessed People (Outisme is slegs vir besetenes)
  • Autism is for Violent People (Outisme is slegs vir gewelddadige mense)

In die dokumentasie verduidelik Outisme Suid-Afrika hoekom hy van dié skoktaktiek gebruik maak. Die Vereniging vir Outisme sê dit kan onder geen omstandighede by ‘n aksie met rasse-ondertone betrokke raak nie, en het dadelik met Outisme Suid-Afrika in verbinding probeer tree, maar het steeds geen reaksie gekry nie. “Ons distansieer ons dus van die veldtog,” skryf Anna Atkins, hoof uitvoerende beampte van die Vereniging aan sy lede.

Op Outisme Suid-Afrika word die firma, IAS, bedank vir sy rol om ses agentskappe so ver te kry om gratis met die veldtog te help.

‘n Ouer wat anoniem wil bly, sê die tweespalt is tragies: “Terwyl outisme beslis groter bewusmaking verg, en positiewe blootstelling dikwels as belangrike ontwikkelingstimulus dien, verdien die mense met outisme om met deernis hanteer te word. Die skoktaktiek kan bestaande onjuiste stereotipes tot nadeel van die gemeenskap verdiep. Ten spyte van gedeelde eienskappe is elke outistiese persoon steeds ‘n unieke persoon met unieke eienskappe en geaardheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

David ·

As daar nie rasse-ondertone in ons gemeenskap bestaan het nie sou daar geen skokwaarde gewees aan hierdie puik veldtog nie. Ek is gaande oor die grafika en konsep. Soos gewoonlik is PC optrede (wat graag ‘n eiergsweef standpunt volg) NIE verteenwoordigend nie maar verskonend en “geskok” en en en en… Sies vir Vereniging vir Outisme!

herrie ·

David, ek glo die Verniging vir Outisme doen genoeg, en is belangrik genoeg om darem ‘n antwoord by Outisme SA te kry. Net ‘n bietjie ordentlikheid. Trouens, in my ervaring is die Vereniging vir Outisme meer aktief as Outisme SA, maar hierdie gaan nou om ‘n bepaalde veldtog, en ‘n mens moet waak om nie nou brûe te verbrand nie, want die taak eindig nie met of na die veldtog nie. Dis nie twee rugbyspanne wat alles teen mekaar uithaal, en dan saam ‘n biertjie maak nie.
Dis egter nie die hoofpunt nie – as ouer van ‘n persoon met outisme is dit eintlik ‘n lewenslange taak om die kind (en later grootmens) te help om as individu in eie reg aan ander “blootgestel” te word. Dit is dikwels ‘n uitdaging wat van twee kante kom.
Dit geld nie net outisme nie, ek dink daar sou in die dowe gemeenskap ook ontsteltenis wees as ‘n slagspreuk sou lui: Dowes is dom.
Ek self werk daagliks met die verhoudige tussen bevolkingsgroepe en die polarisasievlakke wat bestaan, en die aanspreek hiervan verg ‘n multi-dissiplinêre benadering met bitter baie kundigheid. As Outisme SA kundiges by ‘n paar instellings soos Kovsies se Instituut vir Rekonsilsie, om maar een voorbeeld te noem, kers opgesteek? Indien wel kan ‘n mens met goter gerustheid na die veldtog lyk. Uit Outisme SA se webwerf lyk dit of reklameagenskappe al instansies is wat genader is.

Mariette Hammann ·

Net SA wat altyd rassisme wil betrek by alles!! Kry skaam vir hulle. Ek is jammer vir die outistiese mense wat daaronder gaan ly.

Petra Dillmann ·

PUIK! dis presies wat ons wou bereik… PRAAT oor outisme – VEG teen die vooroordele – KRY die outisme inligtingspakket met AL die INLIGTING – en nie net gedeeltes wat hierbo aangehaal is nie – en HELP ons sodoende om ‘n POSITIEWE VERSKIL te maak en toe te sien dat DIENSTE VIR ALLE MENSE MET OUTISME OPGEBOU EN VERBETER WORD.

Bel vir Outisme Suid Afrika: 011 – 484 9909 en vra vir ‘n volle afskrif van die inligtingsbrief wat aan die databasis uitgestuur is, en die meegaande inligting vir diegenes wat by ons leêr van HELPERS wil aansluit om ‘n verskil te maak.

Anna ·

Ten spyte van Association for Autism se heftige beswaar in April, het Autism South Africa voortegaan met die mediaprojek. Reuse advertensieborde met “autism is for violent people” is vandag by die Clearwater Mall in Johannesburg afgeneem.

Dis ‘n hartseer, hartseer dag vir ons outistiese broers en susters. Hulle verdien nie hierdie tipe blootstelling nie.

Ons kon eerder geld spandeer op advertensieborde wat die POSITIEWE aspekte van outisme adverteer.

Ek laat sak my kop in skaamte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.