Rassisme-herrie: Redakteur op verlof

Haffajee

Haffajee

Ferial Haffajee, redakteur van City Press, is tans met verlof te midde van ʼn rassisme-herrie by die koerant, berig die Sunday Independent.

“Julle vuursteen redakteur is op verlof. Dit sal julle in staat stel om die vure wat ek begin het te blus,” het Haffajee glo aan die koerant gesê. Haffajee het in ʼn brief aan haar personeel om verskoning gevra en gesê sy kyk nou vorentoe. Dit kom nadat daar glo ʼn uitval tussen Haffajee en van haar personeel was oor “swart-teen-wit-rassisme”. Haffajee het vroeër die week op Twitter geskryf: “Ek duld nie wit rassiste nie, so wat maak swart rassiste enigsins anders? Vandag trek ek ʼn streep in die sand. Twee kante: een aaklige munt.” Van die koerant se joernaliste wil nou glo strafregtelike klagte teen Haffajee aanhangig maak nadat hulle haar van rassisme beskuldig het.

Die joernaliste het ook die koerant daarvan beskuldig dat die publikasie te veel daarop fokus om stories te doen wat kap na president Jacob Zuma, maar nie na die Demokratiese Alliansie nie. Hulle beskuldig Haffajee daarvan dat sy nie swart nuusredakteurs met politieke kontakte wil aanstel om stories vanaf ʼn “swart perspektief” te vertel nie. Haffajee het teruggekap teen die “rassistiese toetakeling” van haar drie nuusredakteurs. Sy het die joernaliste daarvan beskuldig dat hulle rassisties is en hulle ʼn week gegee om te besluit of hulle steeds by die koerant wil werk. Haffajee sê egter dat die koerant sterker aan die ander kant sal uitkom. Sy het personeellede die versekering gegee dat daar niks ongewoon is aan die uitval nie aangesien dit orals gebeur. ʼn Interne ondersoek is intussen by die koerant van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wessel Ebersohn ·

Hierdie vrou verdien al die ondersteuning van elke rasionele en oopkopmens in hierdie land. Dit is lankal verby tyd dat swart rassiste ontbloot word

Adoons ·

Ek dink daar is twee soorte rassisme: die wat spruit uit ‘n gevoel van meerderwaardigheid, en die wat spruit uit ‘n gevoel van minderwaardigheid. Miskien moet mens laasgenoemde liewer rassehaat noem, sodat mens nie die die terme verwar nie.

bileam se donkie ·

Is dit nie tragies wat n swak selfbeeld aan mense kan doen nie,die waarheid maak seer,dankie vir iemand wat bereid is om die waarheid te praart,sterkte

Hennie van der Merwe ·

Ferial, ek haal my hoed vir jou af. Dankie vir jou objektiwieteit. Persoonlik is ek teen alle vorme van rasisme gekant. Ongelukkig daarinteen, is wit rasisme geplant, maar swart rasisme is gesaai!!

Hennie van der Merwe ·

Ferial Haffajee, ek haal my hoed vir jou af. Dankie vir jou objektiwieteit. Persoonlik is ek teen alle vorme van rasisme gekant. Ongelukkig daarinteen, is wit rasisme geplant, maar swart rasisme is gesaai!!

Hennie van der Merwe ·

Maroela, waarom verwyder julle my kommentaar????? Wat is dit anders as Wessel Ebersohn sin? Julle lafhartigheid stel diep teleur!!!

Amanda ·

Ferial Haffajee,

goed gese-ek lees nie engelse koerante nie – maar ek stem saam met jou. Mense is vinnig om ander van rassisme te beskuldig…maar staan dan self agter die deur. jyt heel waarskynlik op ‘n seer puntjie gedruk met dit wat gese is aan personeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.