“Rassistiese” model Jessica Leandra laat die tonge klap op Twitter

Jessica Leandra

Sosiale netwerk Twitter gons Vrydag oor ʼn rassistiese tweet wat die model Jessica Leandra publiseer het.

Jessica Leandra, FHM se model van die jaar in 2011, het Donderdagaand die volgende getweet: “Just, well took on a an arrogant and disrespectful kaffir inside Spar. Should have punched him, should have [sic].” Sy het intussen die omstrede tweet uitgevee en ʼn verskoning op haar blog jessicaleandra.com publiseer. “Ek het redelik onverantwoordelik getweet oor ʼn voorval wat gisteraand [Donderdagaand] met my gebeur het, en ek het die heer ʼn skerp en onvriendelike woord genoem wat my met seksuele opmerkings en klanke konfronteer het,” het sy geskryf. “Alhoewel meeste van julle dit sou geniet om die geleentheid te gebruik om ʼn paar skelwoorde na my kant te gooi, verstaan asseblief dat ek in daardie stadium uit pure woede en frustrasie opgetree het, en alhoewel ek weet dit is geen verskoning nie, is dit ʼn les geleer en weereens, is ek opreg jammer.”

FHM Suid-Afrika het ook van Twitter gebruik gemaak om hul onsteltenis oor Leandra se uitlating te deel: “Ons is geskok dat enigiemand so iets kan sê! Sulke tipe houdings het geen plek in ons samelewing of by FHM nie!” Die tydskrif se redakteur was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

QuickTrim SA, een van haar borge, het op Twitter laat weet: “Weens die erns van die opmerkings deur #JessicaLeandra beëindig #QuickTrimSA hiermee haar borgskap met onmiddellike effek!”

Leandra het intussen ook geskryf: “Sal julle asseblief nou ophou! Hierdie is die tipe mense wat uiteindelik jong meisies in ons land verkrag! Ek was nie bereid om hom daarmee te laat wegkom nie.”

Ten spyte van Leandra se verskoning is Suid-Afrika se Twitter-gemeenskap steeds nie gelukkig nie. Die rubriekskrywer Mabine Seabe het gesê dat hy ʼn aanklag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien het. Talle Twitter-gebruikers het reeds hul misnoeë oor Leandra gedeel en teen Vrydagmiddag is die term #JessicaLeandra een van die gewildstes op Twitter.

Klik hier om ʼn skermskoot van haar tweet, wat intussen uitgevee is, te sien.

Die 4e Mei staan gewoonlik ook as “Star Wars Day” bekend weens die bekende aanhaling uit die rolprent Star Wars naamlik “May the force be with you”, aangesien 4 Mei in Engels soos die aanhaling klink: “May the fourth be with you”. Die blog Lunch Money Mafia het intussen die volgende tekenprent opgelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan ·

Sy het reg op getree, Eenige swart bliksem wat my vrou en dogter treiter salo ek dood bliksem

Mike ·

Ek ondersteun haar, in hierdie land kan mens nie anders as om jou humeur te verloor nie. Sy het niks verkeerd gedoen nie “kaffir” is nie ‘n vloekwoord nie.

Timmie ·

Ek sou dieselfde gedoen het….Nou maak al hierdie mense asof hulle nog NOOIT ‘n rasistiese opmerking gemaak het nie…Sy is ook net ‘n mens wat ook kan kwaad word en in die oomblik iets kwyt kan raak!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.