Rassistiese plakkaat by TUKS

Die rassistiese plakkaat Foto: EWN

‘n Rassistiese plakkaat by een van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se manskoshuise, het ‘n oproer veroorsaak.

Die plakkaat is in Kiaat-manskoshuis opgeplak en versoek alle inwoners wat bereid is om kleinerige takies te verrig om aansoek te doen, berig EWN. Die kennisgewing versoek studente wat bereid sou wees om andere die toilette en binne die klubhuis skoon te maak. Die laaste reël op die plakkaat lui egter, “Kandidate moet swart wees”. ‘n Foto van die plakkaat is regdeur die kampus met WhatsApp (‘n sosiale boodskapversender) gestuur en verskeie studente het hulle tot Twitter gewend om te verduidelik hoe onsmaaklik hulle die plakkaat vind.

Prof. Ernst van Eck, koshuishoof by Kiaat, sê egter dit is ‘n misverstand. Hy sê die inwoners wou sy geledere diversifiseer. “Ons poog om klubhuiskomiteelede meer verteenwoordigend te maak van alle kulture.Wit mense sal die toilette saam met die swart aansoekers was,” het Van Eck gesê.

Volgens Tuks-bestuur is die plakkaat reeds afgehaal en beamptes is tans in gesprek met die persone wat verantwoordelik is.

Die universiteit se kommunikasiedepartement het ook aangedui dat hulle die voorval sal ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karlinka Bismark ·

Ek verstaan gladnie wat so erg hieraan is nie. Daar is talle maatskappye wat daarop aandring dat die kandidaat swart moet wees. Goeiste, dis hoekom die meeste van ons uit die land is. Die wit studente probeer maar net help om vir hulle nog meer werk te skep. Maar soos gewoontlik nooit tevrede nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.