RDK kan Motata-voorstel verwerp

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) se hy is by magte, om ʼn voorstel dat ʼn klag van rassisme teen Regter Nkola Motata na ʼn tribunaal verwys word, te verwerp.

Volgens ʼn woordvoerder van die RDK Dumisa Ntsebeza het die gedragskomitee hulle voorstel deurgegee dat die klag teen Motata na ʼn tribunaal verwys moet word maar sal die kommissie besluit of hy die voorstel aanvaar. Die burgerregte-organisasie AfriForum het die klag teen Motata aanhangig gemaak nadat hy na bewering rassistiese aanmerkings gemaak het na ʼn motorongeluk in 2007. Motata is in September 2009 skuldig bevind aan dronkbestuur en tot 12 maande tronkstraf gevonnis of ʼn boete van R20 000. Die RDK kon nie bevestig hoe lank dit sal neem om die gedragskomitee se voorstel te bestudeer nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.