RDK steun glo Mogoeng-benoeming

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) sal aan president Jacob Zuma aanbeveel dat Mogoeng Mogoeng die land se nuwe hoofregter moet wees.

ʼn Kommissaris vanm RDK het aan SAPA bevestig dat die meerderheid van die kommissie se lede hul steun aan Mogoeng toegesê het. Mogoeng is deur Zuma aanbeveel nadat Sandile Ngcobo se termyn verlede maand verstryk het. Die RDK het die naweek onderhoude met Mogoeng gevoer om sy geskiktheid vir die pos te bepaal. Mogoeng is onder meer uitgevra oor sy godsdienstige oortuigings, sy gebrek aan ondervinding vir dié pos en sy vorige uitsprake. Mogoeng het Sondag aan die RDK gesê God wil hê hy moet hoofregter wees. Mogoeng is ook gekritiseer nadat hy sy humeur verloor het toe adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke hom uitgevra het oor sy geskiktheid vir die pos. Mogoeng het tydens die ondervragingsessie vir die geleentheid gevra om om homself te verdedig. Hy het gesê hy is erg gekritiseer in die media oor sy bevoegheid vir die pos en sy beweerde afguns van vroue en homoseksuele mense. Zuma is erg gekritiseer oor die wyse waarop hy Mogoeng benoem het. Daar is onder meer kommer uitgespreek oor die feit dat die RDK weier om nog benoemings te aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.