Redakteur glo gepos na berig oor Joemat-Pettersson

Alide Dasnois

Alide Dasnois

Alide Dasnois, redakteur van die Cape Times, is afgedank kort nadat die koerant berig het oor die openbare beskermer se bevindings teen minister Tina Joemat-Pettersson, berig die Mail & Guardian

Volgens die berig is Dasnois Vrydag van haar afdanking in kennis gestel. “Ek is in die proses om regsadvies in te win,” het Dasnois aan die Mail & Guardian gesê. Dit is nie bekend hoekom Dasnois afgedank is nie. Die Cape Times het verlede week ʼn voorbladartikel gepubliseer oor Thuli Madonsela, openbare beskermer, se bevindings teen Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, bosbou en visserye. Madonsela het bevind dat Joemat-Pettersson skuldig is aan wanadministrasie en onbehoorlike en onetiese gedrag rakende die toeken van ʼn tender van R800 miljoen aan Sekunjalo Marine Consortium vir die bestuur en onderhoud van die departement se vloot van agt vaartuie. Die Cape Times word besit deur Independent Newspapers, wie se beherende aandeelhouer Sekunjalo Consortium is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henko ·

Madonsela het heeltemal reg opgetree, pluimpie vir haar. Sterkte aan hierdie vrou ook.

hyla ·

Alida maak n voorbeeld van die spul. Mens kan mos nie iemand afdank as hy net die waarheid praat nie. Anders gaan die bree publiek een van die dae van niks weet nie, al is ons hande afgekap wil ons darem van al die onreg weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.